Nautilus
    Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade
                             

 

   
Tuis IPWO Fotogallery Kontak      Switch to English

Die Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade(IPWO) is 'n projek van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Vereniging en word geborg deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika. Provinsies word in 'n sportgees beskou en nie noodwendig in geografiese terme nie. Junior (tot by graad 9) en senior (graad 10 tot 12) spanne van tien lede elk word deur die provinsies ingeskryf. Spanne skryf die vraestelle in 'n sentra in hul gebied om deel te neem. Antwoordstelle word daar gemerk en die resultate word ingebel na die sentrale organiseerder. “Provinsies” wat normaalweg deelneem is: Boland, Grens, Vrystaat, Gauteng Noord, Gauteng Suid, KwaZulu-Natal Kus, KwaZulu-Natal Middelande, Noord-Wes Provinsie, Noordelike Provinsie en die Westelike Provinsie. Die IPWO bestaan uit twee vraestelle: een wat individueel geskryf word een bestaande uit tien vrae wat deur die span binne 30 minute opgelos moet word. Hier is spanwerk baie belangrik.

Resultate van 2007

2007 was 'n eerste vir Nautilus deurdat 2 senior spanne en 3 junior spanne ingeskryf is onder die Vrystaat provinsie teenoor die 1 senior span en 2 junior spanne van kompetisies in die verlede. Vrystaat het baie goed gevaar met die senior A-span wat die 3de plek behaal het en die junior A-span wat die 5de plek behaal het. Die senior B-span het 12de geëindig uit 15 senior spanne van oor die land. Die junior B-span het 10de en die C-span 11de geëindig uit 20 junior spanne oor die land.
Resultate van 2008

Nautilus het weer soos in 2007 2 senior spanne en 3 junior spanne vir die Vrystaat ingeskryf. Vrystaat het soos altyd goed gevaar.
Die senior A-span het die 5de plek behaal en die B-span die 10de plek. Daar was 'n totaal van 17 senior spanne.
Die junior A-span het die 3de plek behaal, die B-span die 12de plek en die C-span die 14de plek uit 'n totaal van 19 spanne.
Kliek hier om volledige resultate te sien.
   IPWO 2009:
Vanjaar het die olimpiade plaasgevind op 12 September, na die 2 suksesvolle oefenkampe op 29 Augustus en 5 September.
Soos in die verlede is leerders op grond van hul prestasie tydens die eerste 3 Nautilus kampe van 2009 uitgenooi na die oefenkampe. Daarna is die spanne gekies. Die spanne het as volg gevaar:
Die senior A-span het die 7de plek behaal en die B-span die 18de plek. Daar was 'n totaal van 18 senior spanne.
Die junior A-span het die 3de plek behaal, die B-span die 5de plek en die C-span die 15de plek uit 'n totaal van 19 spanne.
Kliek hier om die volledige resultate te sien.

Nautilus bedank graag die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika wat weer vanjaar die borg was en so help om die IPWO bekostigbaar te hou.

 

 


Hierdie blad is ontwerp vir 'n skerm resolusie van 1024 x 768
© Nautilus 2010